Gqeberha, die nuwe naam vir Port Elizabeth, is deesdae op almal se lippe. Baie mense sukkel egter om dit reg uit te spreek.
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het verlede week die naamsveranderinge in die Staatskoerant bekendgemaak. Port Elizabeth word Gqeberha, Uitenhage word Kariega en King William’s Town word Qonce.
Port Elizabeth-lughawe sal ook nou bekend staan as die Chief Dawid Stuurman- internasionale lughawe.
The Kiffness het besluit om ‘n liedjie vry te stel om Suid-Afrikaners te help om die nuwe name ‘n bietjie makliker uit te spreek.
Lees ook: Byna 70 000 teken petisie teen nuwe PE-naam
Baie mense het kritiek gelewer op dié nuwe name en daar is selfs ‘n petisie begin teen die nuwe naam vir P.E.
As jy egter gereed is om die nuwe name te aanvaar en graag daardie kliekgeluid wil regkry, is hierdie video vir jou.



