Byna 70 000 teken petisie teen nuwe PE-naam

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Meer as 65 000 mense het teen Donderdagmiddag ’n aanlyn petisie geteken teen die naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha.

“Dis ons plig om nee te sê vir die verandering. Veranderings soos hierdie word met die belastingbetalers se geld gedoen wat eintlik bedoel is om ons paaie reg te maak en infrastruktuur te onderhou,” lui die petisie. “Om name te verander, gaan nie die verlede verander nie. As ons hierdie verandering toelaat, gaan dit nie die verlede verander nie.”

Lees ook: Pa vermoor seuns (3 en 4) en toe homself

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het verlede week die naamsveranderinge in die Staatskoerant bekendgemaak. Port Elizabeth word Gqeberha, Uitenhage word Kariega en King William’s Town word Qonce.

Nqaba Bhanga, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metroraad, het op Twitter gesê hy is teen die naamsveranderinge van Port Elizabeth en Uitenhage.

As jy die petisie wil teken, klik hier. Mense met klagtes kan ook ‘n e-pos stuur na [email protected].

Lees ook: