KAAPSTAD. – Toe Terzel Rasmus-Williams (29) en Wilson Williams (80) mekaar in 2016 ontmoet het, was dit liefde met die eerste oogopslag.
“Hy het oor die dansvloer na my toe aangeloop gekom en gevra of hy by my kan sit, omdat hy alleen was en ek ook,” vertel sy. “Ek het ja gesê en die res is geskiedenis. Ons is sedertdien nog nooit uitmekaar nie.”
Hulle het mekaar in die daaropvolgende weke beter leer ken en Terzel, wat voor die verhouding glo glad nie wou trou nie en op haar loopbaan wou fokus, het Wilson gevra om te trou. Hy het natuurlik ja gesê en dié twee is in 2017 by Binnelandse Sake getroud.
Lees ook: Vrou vermis ná braai saam met nuwe vriende
Terzel het glo vertel sy was nog altyd aangetrokke tot ouer mans, maar het nooit gedink sy sou val vir ‘een wat oud genoeg is om haar oupa te wees nie’.
Die egpaar het saam besluit dat hulle nie kinders wil hê nie. “As Wilson afsterf wanneer die kind nog klein is, gaan dit nie regverdig wees dat hy of sy sonder ‘n pa grootword nie. Ons is genoeg vir mekaar.”
Alhoewel dit aanvanklik baie moeilik was om die pessimiste uit hulle lewe te weer, is dit nou moontlik. “Negatiewe kommentaar is olie op ons liefdesvuur, sê Terzel. “Dit maak ons sterker.”
Lees ook: Tiener verloor amper vinger oor naels kou
Bron: News24



