V.S.A. – Die hofgebou waar Derek Chauvin, wat aangekla word vir die moord op George Floyd in die VSA, verhoor word, is met lemmetjiesdraad afgesper.
Polisiebeamptes en lede van die Amerikaanse nasionale wag sal ontplooi word vir die verhoor wat op 8 Maart plaasvind.
Lees ook: SAPD waarsku teen fop-Covid-19-inentings
Floyd is in Mei in Minneapolis dood na Chauvin vir omtrent drie minute lank met sy knie op sy nek gedruk het. Video’s van die voorval is wyd versprei en ‘n vlaag Black Lives Matter-optogte het in die VSA gevolg.
Chauvin het 19 jaar se ondervinding as polisiebeampte. Hy is op borgtog vrygelaat en sal na verwagting onskuldig pleit.
Lees ook: Ma na 18 jaar in tronk dalk vrygespreek



