SAPD waarsku teen fop-Covid-19-entstof

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie waarsku lede van die publiek om versigtig te wees vir persone wat “entstowwe” teen Covid-19 verkoop.

Hierdie waarskuwing volg ná die polisie verlede jaar vier persone vir die ongemagtigde verkoop van Covid-19-entstowwe in hegtenis geneem het.

Lees ook: Prins Harry en Meghan stort harte uit teenoor Oprah

Volgens Brenda Muridilin, polisiewoordvoerder, is 2 400 dosisse van die fop-entstowwe en maskers ter waarde van R6 miljoen in ‘n stoorplek in Germiston, Gauteng gevind.

Geen goedgekeurde entstowwe is op die oomblik aanlyn of in persoon te koop nie en enigiemand wat hierdie medisyne koop, gee hulle geld aan georganiseerde kriminele.

“Die polisie sal aanhou om hierdie saak te ondersoek en enigiemand wat by die ongemagtigde verkoop van hierdie entstowwe betrokke is, sal vervolg word,” sê Muridili.

Lees ook: Ma na 18 jaar in tronk dalk vrygespreek

Enigiemand met inligting oor individuele of besighede wat hierdie medisyne verkoop, word versoek om die polisie by 10111 te skakel of dit by 086 00 10111 te rapporteer.