Koeël tref busbestuurder in mond toe drie hom glo beroof

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ’n Saak van poging tot moord en roof word ondersoek nadat ’n koeël deur die ruit van ‘n bus getrek en die busbestuurder (48) in die mond getref het.

Koeël deur ruit tref bestuurder

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die bus het passasiers in Khayelitsha afgelaai toe drie verdagtes glo die bus genader het. Volgens Van Wyk het een verdagte na bewering ’n skoot afgevuur en die ander twee het glo die bestuurder van sy selfoon en kontant beroof.

Die bestuurder het na die voorval met die bus na die naaste polisiekantoor gery. Hy is daarna vir behandeling na ’n hospitaal geneem.

Die verdagtes is nog nie geïdentifiseer nie en niemand is in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Polisiebeampte 27 keer tydens beweerde ‘ambush’ geskiet

LEES OOK: Mans in sakke toegedraai met hande en voete vasgebind, gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.