Is ek nog ’n maagd? – 13-Jarige na verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

“Sy huil trane van verligting. Genoeg is genoeg. Stop die skaamte en vernedering.”

“Die afgelope tien jaar werk ek as kinderarts met kindermishandeling en sorg vir honderde meisies wat slagoffers van seksuele aanranding was. Diegene van ons in hierdie lyn van werk weet baie van die vroulike anatomie en sogenaamde maagdelikheid.”

“’n Meisie (13), het eendag op my ondersoektafel gesit nadat haar oom haar van sewejarige ouderdom af begin verkrag het. Sy het my met trane in haar oë gevra: ‘Is ek nog ’n maagd?,’ vertel ’n spesialis oor kindermishandeling aan Love what matters.

Ek sê ja, en ek vertel haar hoekom:

“Omdat sy lyk soos enige ander meisie van haar ouderdom. In 95% van die gevalle genees die maagdevlies heeltemal na ’n aanranding. Omdat maagdelikheid nie ’n fisiese toestand is nie.”

“Dit is nie iets wat ooit van jou weggeneem kan word nie. Dit is ’n konsep, ’n geestelike en emosionele besluit wat jy neem om van jouself te gee as jy gereed is en nie wanneer iemand besluit om gewelddadig met jou liggaam te wees nie.”

“Omdat verkragting nie dieselfde is as om seks te hê nie. Mens kan net seks hê met albei se toestemming, anders is dit net geweld van een persoon na ’n ander, punt.”

Sy huil, haar hele liggaam bewe, met trane van verligting. Dan droog sy haar trane af en glimlag vir ’n nuwe begin.

“Laat ons dus die skaamte en vernedering stop. Genoeg is genoeg.”