SVALBARD. – Die son het so pas vir die eerste maal in Svalbard, ’n eiland naby die Noordpool, opgekom na hy in Oktober verlede jaar gesak het. Inwoners van die eilandjie is vir ’n week deel van hulle ‘sonfees’.
Die gebeurtenis staan bekend as ’n polar night en dié dorp ervaar dit elke jaar.
@sejsejlija, ’n TikTok-gebruiker en ’n inwoner van die eiland, het in ’n regstreekse uitsending op TikTok die son wat opkom, afgeneem. Die kinders op die eiland het ’n ‘sondans’ gedoen en op die video is dit duidelik hoe die inwoners sing en dans in die tydperk voor en na die son opgekom het.



