September 24, 2021

Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag

“Sy het die vuurwapen laat val en huis toe gehardloop.”

Die man na sy jong slagoffer hom geskiet het. (Foto: South Africa Daily, Facebook)

Die man na sy jong slagoffer hom geskiet het. (Foto: South Africa Daily, Facebook)

WEDELA. – ’n Meisie (15) het ’n onbekende man tussen die ouderdom van 25 en 30 doodgeskiet terwyl hy haar verkrag het.

Die voorval het om ongeveer 21:15 op 6 Maart in ’n oop stuk veld in Wedela plaasgevind.

Lees ook: Onnies wat draf langs die pad doodgery

Kapt. Eddie Boboka, polisiewoordvoerder, sê die man het die meisie met ’n vuurwapen tot in die bosse gedwing en haar beveel om haar klere uit te trek. Hy het toe ook sy klere uitgetrek en haar verkrag. “Terwyl hy besig was om haar te verkrag, het sy terugbaklei, die vuurwapen in die hande gekry en hom in sy bolyf geskiet. Sy het die vuurwapen laat val en huis toe gehardloop.”

Die meisie se ma het haar kamer toe gestuur en die saak is eers die volgende dag by die polisie aangemeld.

“Die slagoffer het die toneel uitgewys en die polisie het die oorledene se liggaam op die toneel gevind. Die vuurwapen was nie op die toneel nie en die polisie is steeds daarna op soek.”

Die meisie sal behandeling ontvang.

Lees ook: Boer (70) aan sy voertuig vasgemaak, aangerand en verwurg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *