Eenjarige gevind na ouers haar ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Die eenjarige dogtertjie wat deur haar ouers ontvoer is nadat hulle gehoor het dat sy uit hulle sorg verwyder gaan word, is gekry.

Hofbevel

’n Hofbevel wat uitgereik is om die kind van haar ouers af weg te neem en onder die sorg van haar ouma te plaas, is op 5 Februarie 2021 uitgereik nadat beide ouers op 4 Februarie 2021 positief vir vier verskillende dwelmmiddels getoets het.

LEES OOK: Gesigbedekkings insluitend boerka en nikab nou in Switserland verbied

Ouers vlug met baba

Toe die ouers deur die Polokwane-welsyn in kennis gestel is die kinderhof het beveel hul dogtertjie moet weggeneem word en in die sorg van haar ouma geplaas word, het die pa sy dogter geneem en verdwyn. Die ma het glo kort daarna gevolg.

Mike Bolhuis ingeroep

Die grootouers aan moederskant het vir Mike Bolhuis en sy span van Gespesialiseerde Veiligheidsdienste genader om dringend te help met die opsporing van die dogtertjie.

LEES OOK: Beskuldigde in Brand-moordsaak kry nie borg

Daar was genoeg bewyse dat die kind se lewe in gevaar kon wees.

Na ’n volledige ondersoek is bevind dat die ouers en die baba by ’n perseel in Kuduspoort, Pretoria wegkruip.

Gevind

Mike Bolhuis se taakspan asook polisielede het die eiendom deursoek en uiteindelik is die egpaar met die dogtertjie gevind.

Sy is na die Villieria-polisiekantoor geneem, waar die lede van die stasie groot besorgdheid en deernis getoon het en onmiddellik hulp aangebied het.

Veilig

Die baba is volgens die hofbevel terug in die veilige sorg van haar ouma. Haar broer en suster is alreeds in die sorg van die ouma en daar word behoorlik na al drie gekyk en hulle is almal veilig.