Gesigbedekkings insluitend boerka en nikab nou in Switserland verbied

Deel hierdie storie / Share this story

SWITSERLAND. – Met ’n skrale meerderheid van 51% het Switserland deur ‘n referendum gestem om vroue te verbied om gesigbedekkings soos die boerka of die nikab in openbare plekke te dra.

Switserland volg voorbeeld

Die land volg die voorbeeld van ander Europese lande, waaronder Oostenryk, België en Frankryk. Inwoners van Switserland kan nou verbied word om hul gesigte in die openbaar te bedek.

LEES OOK: Beskuldigde in Brand-moordsaak kry nie borg

Alhoewel die voorstel vir die beperking volgens iheartintelligence, nie eksplisiet die boerka of nikab noem nie, is dit klaarblyklik gerig op die Islamitiese gesigsluiers wat Moslemvroue dra.

Uitsondering

Die enigste uitsondering op die nuwe reël is vir plekke van aanbidding en ‘inheemse gebruike’. Gesigmaskers wat gebruik word vir gesondheids- en veiligheidsdoeleindes te midde van die koronavirus-pandemie is ook toegelaat.

LEES OOK: Stapper ernstig tydens staproete beseer