Prins Harry: ‘Dis ’n dogtertjie!’

Deel hierdie storie / Share this story

In die onderhoud wat moontlik die Britse monargie meer skade kan berokken as die onderhoud wat prins Harry se ma, prinses Diana, destyds aan BBC toegestaan het, het Meghan Markle en Harry nie net oor rassisme en selfdoodgedagtes gepraat nie, maar het hulle ook aangekondig dat hulle ’n babadogtertjie verwag.

Harry het geantwoord toe Oprah vra of dit ’n dogtertjie of ’n seuntjie is. Sy reaksie toe sy hom gevra het hoe dit gevoel het om die sonar te sien, was: “Ongelooflik.”

“Nou is dit ons gesin, dis die vier van ons en ons twee honde,” sê hy.

Lees ook: Harry: ‘Ek het nooit besef ek was ‘n gevangene nie’