Powerball-wenner wil graag maatskaplike werker word

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die Powerball-wenner (30) van hier wat R51 miljoen ryker is, wil graag sy grootste droom laat waar word en vir ’n maatskaplike werker studeer.

Die lotery-operateur Ithuba sê die wenner het sy kaartjie vir R30 by ’n OK Market in Polokwane gekoop.

Die wenner het aan Ithuba gesê nadat hy matriek klaargemaak het, was daar nie finansies om verder te gaan studeer nie. Hy moes direk na skool begin werk.

Die nuwe miljoenêr voel net omdat hy nou geld gewen het beteken nie dat hy van sy droom moet vergeet nie. Hy voel deur sy graad in maatskaplike werk te kry, kan hy ‘n diens aan die gemeenskap lewer.

Hy wil ook die huis wat hy begin bou het vir sy familie klaar bou. Charmaine Mabuza, uitvoerende hoof van die Ithuba-groep, het die wenner gelukgewens en is baie trots op die manier hoe die Powerball-wenner sy geld gaan bestee.

LEES OOK: Rachel Kolisi sê: ‘Sonder grimering is ook mooi’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.