Rachel Kolisi sê: ‘Sonder grimering is ook mooi’

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Rachel Kolisi, die bekende Springbok-speler Siya Kolisi se vrou, het op Instagram gesê sy het haarself onlangs van ’n veldtog verwyder omdat die handelsmerk gevra het dat sy ’n meer professionele voorkoms moet hê en grimering moet dra.

“Ek dink meisies wat opstaan en tyd spandeer om grimering aan te bring, is mooi! Ek dink meisies wat wakker word en nie grimering aansit nie is ook mooi,” skryf Rachel by ’n foto van haar sonder enige grimering.

Verder moedig sy vrouens en meisies op haar Instagram-profiel aan om hulself te wees. Sy deel haar struikelblokke met haar gewig en wys mense hoe moeilik dit soms is om ’n ma van twee kinders te wees.

https://www.instagram.com/p/CMAFTJgp4fa/?igshid=hmewa8dykwqn