ROCKET-lugambulans snel pasiënt te hulp op Bethulie

Deel hierdie storie / Share this story

ROCKET HEMS het ‘n pasiënt op ‘n plaas op Bethulie gaan haal.

Die pasiënt het in een van die natuurreservate gaan stap, skeef getrap en ‘n ernstige oop-dislokasie breuk van haar enkel opgedoen.

Die insident het gister gebeur en die pasiënt is Bloemfontein toe geneem.

Vandré van Vuuren en Ettienne van der Merwe was die gevorderde lewenssorg-paramedici. Abie Bezuidenhoudt en Wayne Grobler was die vlieëniers.

Kontak ROCKET by 087 288 55 55.

Lees meer artikels hier