JOHANNESBURG. – ’n Vrou in haar 20’s is Sondag ernstig beseer toe sy saam met ’n vriend in die Kliprivierberg-natuurreservaat gaan stap het.
Sy het glo omstreeks 09:00 op ’n klip gegly en geval. Die vrou het verskeie beserings aan haar arm en onderbeen opgedoen.
LEES OOK: Man spring in brandende voertuig – red petrolstasie
Volgens Maroela Media het dit paramedici glo ’n uur en ’n half geneem om die vrou te bereik en sy is op die toneel behandel.
Sy is omstreeks 14:25 in die ambulans gelaai en na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg geneem.



