MPUMALANGA. – Luvuyo Jahman Utina Konono (25), bekend as Phineas, word as ’n held beskou nadat hy in ’n brandende voertuig gespring het en ’n petrolstasie op Kriel gered het.
Red petrolstasie
Op Dinsdag 2 Maart 2021, terwyl Konono by die werk was, het hy ’n brand onder ’n voertuig opgemerk. Hy het die vlamme geblus, in die steeds brandende voertuig gespring en die voertuig uit die pad van gevaar geskuif. Sy daad het die nuutgeopende petrolstasie van groot skade gered.
LEES OOK: Meisie met mooi hart dans saam met karwag
Vriend help om almal veilig te hou
Jova Lova (25), Phineas se vriend en kollega, het hom gehelp om die voertuig uit die pad te kry en almal veilig te hou.
Nie eers twee keer gedink nie
Phineas het aan FiND iT gesê hy het nie eers twee keer gedink nie en het net instinktief opgetree.
Gareth William Smith, wat die video geneem het en dit oorspronklik op die #ImStaying-groep geplaas het, vertel vir FiND iT Phineas het in die tyd wat hulle saamwerk, vir hom soos ’n broer geword. “Dit is die werk van ’n ware held wat altyd bereid is om te help.”
LEES OOK: Nog ’n buitelander vermoor
Kyk hier na die video:



