Nog ’n buitelander vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

NAMAKWALAND. – Drie buitelanders is in die laaste jaar hier vermoor. Carlos Alberto Baptista Alves, eienaar van die Kings Supermarket in Port Nolloth aan die Weskus, is laat Vrydagaand by sy huis oorval en verwurg.

Beroof

Daar is diamante, geld en ammunisie by Alves gesteel.

LEES OOK: Onbetaalde e-tol? Lisensiehernuwings kan nou geblok word

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Inwoners geskok

Die moorde het die inwoners van die rustige Namakwaland geskok. Dit is glo die derde moord wat op dieselfde wyse gepleeg is.

LEES OOK: ‘Gille kon tot in die gang gehoor word’ – hospitaal doen glo keisersnit sonder narkose

Verlede jaar, sowel as vroeër vanjaar, is twee ander buitelanders op Springbok vermoor.