Onbetaalde e-tol? Lisensiehernuwings kan nou geblok word

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het in ’n kennisgewing aan Suid-Afrikaanse motoriste via sy webwerf gesê dat bestuurders se nuwe lisensieskyfies weerhou kan word totdat hul e-tolrekening vereffen is.

Waarskuwing bevestig

Die agentskap het aan City Press bevestig dat hierdie waarskuwing op die maatskappy se webwerf verskyn, hoewel dit nie vermeld het of lisensieskyfies reeds weerhou word nie.

LEES OOK: Soeke na vermiste seuns vanoggend hervat

Alhoewel hierdie regulasies nog gefinaliseer moet word, kan dit ’n ernstige uitwerking hê op diegene wat nie e-tol in Suid-Afrika betaal nie.

Sanral het voorgestel dat die hernuwing van voertuiglisensies en selfs die verkoop van motorvoertuie weens onbetaalde e-tolgeld tot in 2018 geblokkeer word.

LEES OOK: Is ek nog ’n maagd? – 13-Jarige na verkragting