Cadbury het sosialemediagebruikers opgewonde met die onverwagte aankondiging dat hy die 50ste verjaardag van die Creme Egg met ’n beperkte uitgawe bier – Golden Goo-Beer-Lee Creme Stout – gaan vier.
Hierdie bier gaan aanlyn beskikbaar wees in 440 ml-blikkies. Cadbury sê dié nuwe drankie kan saam met die gewilde sjokolade gedrink word. Die prys vir twee 440 ml-blikkies sal £10 (ongeveer R214) wees.
Cadbury sê hoe drankie gaan smaak
Die Daily Mail berig die drankie weerspieël die ryk en romerige smaak van die klassieke sjokolade-eier deur gemoute gort, hawer, koring en melksuiker te meng met kakao en vanieljebone wat die sjokolade- en roomsmake beklemtoon.
Twitter-gebruikers kan nie uitgepraat raak oor die bier nie. Alboewel party skepties was oor die smaak, was meeste nuuskierig en het gesê hulle wil dit graag probeer.
Hierdie drankie is al vanaf 8 Maart beskikbaar.
LEES OOK: Koeël tref busbestuurder in mond toe drie hom glo beroof
LEES OOK: Mans in sakke toegedraai met hande en voete vasgebind, gevind
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



