Geboortesyfer: Minder seks – minder babas tydens pandemie gebore

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – ’n Studie in die Verenigde State wys die geboortesyfer in 2019 was die laagste in 35 jaar, maar kenners reken die finale getalle vir 2020 kan nóg laer wees. Dit het navorsers laat wonder, veral omdat meer mense tydens die pandemie tyd by die huis deurgebring het.

Mense het wel die pandemie meer tyd by die huis bestee, maar werkende vroue, veral gesondheidwerkers, moes aanhou werk. Al het party vroue nie fisies ’n beroep gehad nie, moes hulle hul tyd tussen kinders oppas en huistake opdeel. Stres tydens die pandemie het ook ’n groot rol gespeel.

Stres lei tot die vrystelling van hormone, soos kortisol en epinefrien, wat in hoë vlakke verminderde seksdrang kan veroorsaak.

Geboortesyfer bly aan daal

BBC-nuus berig amptelike data oor geboortes vir die hele Amerika sal oor ’n paar maande bekendgemaak word. ’n Ondersoek van CBS-nuus wat 32 deelstate betrek, wys die geboortesyfer vir 2020 het met 95 000 geboortes gedaal in vergelyking met die vorige jaar.

Daar word ongeveer 300 000 minder babas vir die jaar 2021 verwag.

LEES OOK: Polisiebeampte 27 keer tydens beweerde ‘ambush’ geskiet

LEES OOK: Mans in sakke toegedraai met hande en voete vasgebind, gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.