KALIFORNIË. – Om ’n keisersnit te kry, is vir enige ma stresvol. Veral as dit jou eerste baba is en jy weet nie wat om te verwag nie. Die stres raak net nog erger wanneer dit in ’n noodkeisersnit ontaard. Dink jouself net in hoe dit moet wees as daai noodkeisersnit sonder narkose gedoen moet word.
Dit is presies wat een ma deurgegaan het toe ’n hospitaal in Oceanside ’n noodkeisersnit op haar sonder enige narkose of verdowingsmiddels gedoen het.
LEES OOK: Is ek nog ’n maagd? – 13-Jarige na verkragting
Kla die hospitaal aan
Die vrou en haar verloofde kla nou die hospitaal van mediese wanpraktyk en emosionele nood aan.
Na bewering het die vrou, wat 41 weke swanger was, die vorige aand vir ’n induksie by die hospitaal gegaan. Sy was glo die hele aand in kraam en omstreeks 05:00 het dinge versleg toe medici nie meer haar baba se hartklop kon opspoor nie.
Baba in nood lei tot noodkeisersnit
Haar dokter het haar onmiddellik vir ’n noodprosedure na die teater geneem. In die teater is die narkotiseur menige male sonder sukses gekontak. Nog voordat hy bereik kon word, het die pasiënt se dokter glo personeel gevra om haar vas te druk en die keisersnit is gedoen.
LEES OOK: Die harde lewe van ’n zama-zama
Gille kon tot in die gang gehoor word
Die vrou se verloofde kon na bewering haar gille en pleidooie vir hulp tot in die gang hoor. Sy het glo nie lank daarna nie haar bewussyn verloor.
Die paartjie is nou die trotse ouers van ’n nuwe babadogtertjie. Die paartjie het aan Parents gesê hulle verstaan die rede hoekom die hospitaal dit gedoen het, maar voel ook die hospitaal moes beter protokol in plek gehad het.



