Soeke na vermiste seuns vanoggend hervat

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. –  Die soeke na twee seuns wat vermoedelik in die Liebenbergvlei-rivier in Bohlokong, Bethlehem, verdrink het, is Vrydag gestaak, maar vanoggend weer hervat.

LEES OOK: Is ek nog ’n maagd? – 13-Jarige na verkragting

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê vanweë die hoë watervlak en sterk stroom, moes die soektog gestaak word, terwyl reëlings getref is om die sluise te sluit.

“Dit het aan die lig gekom dat die seuns vermoedelik verdrink het. Die soektog na die seuns is vanoggend weer hervat.”