Meghan Markle: ‘Hulle was bekommerd oor Archie se velkleur’

Deel hierdie storie / Share this story

“Dit is regtig moeilik om te verstaan, nè?”

– Meghan Markle

Dít was Meghan Markle se antwoord toe Oprah Winfrey haar vra oor die gesprekke wat daar voor Archie se geboorte oor sy velkleur gehou is.

Archie, prins Harry en Meghan se eersteling, is sonder die titel van ‘n prins gebore en sou ook nie beskerming geniet nie.

Toe Oprah egter vra wie die onderwerp oor Archie se velkleur te berde gebring het, het Meghan net gesê sy sou nooit daardie gesprek hê nie en dat sy geskok was. “Dit sal baie skade aan die betrokke persone berokken,” sê sy. “Harry het my van die gesprek vertel. Dit was ‘n gesprek wat die familie met hom gehad het.”

Lees ook: Harry: ‘Ek het nooit besef ek was ‘n gevangene nie’

Oprah se daaropvolgende vraag aan Meghan was: “Was hulle bekommerd dat dit ‘n probleem sou wees as hy te donker is?”

Waarop Meghan se antwoord was: “Dis baie moeilik om te verstaan, nè?”

Oprah het Maandagoggend in ‘n onderhoud met CBS gesê Harry wou hê sy moet dit net duidelik maak dat dit nie sy ouma (koningin Elizabeth) of sy oupa (prins Charles) is wat by die gesprekke betrokke was nie.

Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma