Die onderhoud wat Oprah Winfrey met prins Harry en Meghan Markle gehad het, maak reeds wêreldwyd opslae.
Die paartjie het Oprah in dié onderhoud toegelaat om hulle enigiets te vra. Die onderhoud word vanaand om 19:30 op M-Net (DStv kanaal 101) uitgesaai.
Behalwe vir Meghan se selfmoordgedagtes en die feit dat haar en prins Harry se eerste baba se velkleur voor sy geboorte bespreek is, sê Harry dat hy nooit besef het hy is in die koningshuis vasgevang nie.
Lees ook: Ruan Joubert sterf na jare in semi-koma
Harry het gesê dat Meghan hom daarvan bewus gemaak het dat hy ‘n gevangene in die paleis is. Hy het dit glo nooit besef voor Meghan in sy lewe gekom het nie.
Verder noem Harry dat hy jammer voel vir sy broer en sy pa wat ook gevangenes is maar nie kan “loskom” nie.
“Ek is ook baie bewus van hoe bang my familie vir die Britse poniepers is en dat die poniepers sy rug op hulle kan draai,” sê prins Harry.



