Die ongelooflikste ding van vriendelikheid is dat dit nie vir jou of enigiemand anders kan seermaak nie – Lady Gaga.
’n Meisie met ‘n mooi hart (9) was onlangs die toonbeeld van vriendelikheid en liefde vir haar medemens toe sy saam met ’n karwag in ’n parkeerarea gedans het.
LEES OOK: ‘Gille kon tot in die gang gehoor word’ – hospitaal doen glo keisersnit sonder narkose
Die video is oorspronklik deur haar ma, Bianca Myburgh Kotze op die #ImStaying-groep geplaas.
Bianca sê haar jongste dogtertjie (2) het ook onlangs vir ’n karwag lekkers gekoop. Sy sê in haar oorspronklike plasing op die groep die karwagte is altyd vriendelik en vol lewe.
Ons as grootmense kan definitief iets by kinders oor vriendelikheid en liefde leer.
LEES OOK: Onbetaalde e-tol? Lisensiehernuwings kan nou geblok word
Kyk die video hier:



