Twee leeus van park doodgemaak nadat werknemer doodgebyt is

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Twee leeus van die Marakele- nasionale park is doodgemaak nadat die spoorsnyer, Malibongwe Mfila (27), deur die leeus doodgebyt is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê Mfila was besig om wilde diere op te spoor sodat hy die gidse kan adviseer wanneer hulle wildritte doen. Volgens Mojapelo het hy toe uitgeklim en rondgeloop. Hy is toe deur twee leeus aangeval.

’n Werknemer het die voorval gesien en dadelik die bestuur in kennis gestel. Die polisie is tans besig om die saak te ondersoek.

LEES OOK: Cadbury: Sal jy dié romerige sjokoladebier drink?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.