“Dis hartseer om sulke stories van jou suster te hoor,” was Thomas Markle Junior se woorde aan Today oor sy suster, Meghan Markle, se onderhoud met die kletskoningin Oprah Winfrey.
Gedurende die twee uur lange onderhoud het Meghan erken sy het gedurende haar tyd in die koningshuis selfmoordgedagtes gehad en dat sy hulp geweier is.
Lees ook: Harry: ‘Ek het nooit besef ek was ‘n gevangene nie’
Meghan het ook gesê ’n senior amptenaar in die paleis het gesprekke gehad oor hoe donker haar en prins Harry se eersteling, Archie, se velkleur sou wees as hy gebore word.
Thomas het gesê dis vir hom moeilik om dié dinge van sy ‘headstrong’ suster te hoor. “Dis hartseer daarom van haar te hoor. Dit bekommer my,” sê hy.
Lees ook: Meghan Markle: ‘Hulle was bekommerd oor Archie se velkleur’
“Dis moeilik om so iets op te maak, veral op nasionale televisie. Om in so ’n situasie te wees wanneer dit kom by jou seun se velkleur, sal vir enigiemand aaklig wees. My hart gaan uit na haar.”
Thomas sê die laaste keer wat hy met sy sussie gepraat het, was in 2011 by hulle ouma se begrafnis. Hy hoop nou op ’n versoening. “Ek hoop regtig, regtig dat ons eendag, wanneer al hierdie dinge verby is, weer bymekaar kan kom sonder die media en alles onder die mat kan invee en aangaan.”



