Onnies wat draf langs die pad doodgery

Deel hierdie storie / Share this story

SWARTBERG. – Twee onderwyseresse is Maandag op die R316 doodgery toe hulle gaan draf het.

Rieka Jacobs en Monichia Hendricks-Ess het beide by Swartberg Primêre skool in Bergsig skoolgegee.

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, sê hy kan bevestig dat daar ‘n enkelvoertuig-botsing op die R316 tussen Bredasdorp en Caledon plaasgevind het.

“Voorlopige verslae dui daarop dat die voertuig in die rigting van Caledon op pad was toe ‘n band vermoedelik gebars en die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Lees ook: Boer (70) aan sy voertuig vasgemaak, aangerand en verwurg

Die bestuurder van die voertuig en die passasier is volgens Bakker in die hospitaal opgeneem en die bestuurder is toe ook oorlede.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die omstandighede rondom die ongeluk word nog ondersoek.

“Groot verlies om hierdie twee engele op so ‘n tragiese wyse te verloor. Julle sal altyd in ons harte bly. Ons gebede is met julle geliefdes gedurende hierdie moeilike tyd,” skryf iemand op Facebook.

‘n Blad vir oud-leerlinge van Paarl Hoër Meisieskool, waar Rieka in 2008 gematrikuleer het, het ook op Facebook hul medelye aan haar familie en vriende betuig.

Lees ook: Harry: ‘Ek het nooit besef ek was ‘n gevangene nie’

'n Blad vir ou leerlinge van Paarl Hoër Meisieskool, waar Rieka in 2008 gematrikuleer het, het ook op Facebook hul medelye getoon aan haar familie en vriende. (Foto: Paarl Girls' High - Old Girls, Facebook)
‘n Blad vir oud-leerlinge van Paarl Hoër Meisieskool, waar Rieka in 2008 gematrikuleer het, het ook op Facebook hul medelye aan haar familie en vriende betuig. (Foto: Paarl Girls’ High – Old Girls, Facebook)