August 4, 2021

Voëlklip nou veilig gemaak

Meer as 50 permanente pale van 1,8 m hoog is op 3 Maart 2021 langs die draai aangebring.

Voëlklip nou veilig gemaak

Voëlklip nou veilig gemaak Foto: Netwerk24

HERHOLDSBAAI. – Voëlklip, ’n uitkykpunt wat oor die jare baie hartseer veroorsaak het met menige voertuig wat oor die kranse gestort en menselewens gekos het, is nou veilig gemaak.

LEES OOK: Voëlklip-ongeluk: Nóg ’n voertuig vanaand af by Voëlklip

Meer as 50 permanente pale van 1,8 m hoog is op 3 Maart 2021 langs die draai aangebring.

Dotsure, ’n versekeringsmaatskappy, het die voortou geneem om die gebied te beveilig. In ’n verklaring sê Dotsure die pad is nie vantevore toegemaak nie omdat die pad oor private grond strek.

LEES OOK: Voëlklip: Ma wou glo nie meer lewe nie, seun uit hospitaal ontslaan

Verskeie belanghebbendes waaronder Dotsure, George-munisipaliteit, die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke en die brandweer het almal met die werk gehelp, sowel as finansiële hulp gebied.

Voëlklip: Werk om die gebied veilig te maak. Foto: Netwerk24

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *