April 19, 2021

Voëlklip: Ma wou glo nie meer lewe nie, seun uit hospitaal ontslaan

HERHOLDSBAAI.- Die seun (8), wat oorleef het en geringe beserings opgedoen het nadat die familie se wit Fiat met sy ma (34) en sussie (2) Donderdag oor die krans by Voëlklip getuimel het, is uit die hospitaal ontslaan.

Hy het daarin geslaag om kort ná die voorval ’n verbygaande motor te stop om hulp te vra. Anton Gerber (67), van Herholdsbaai, het aan Beeld gesê die seun het vir hom gaan wys waar die voertuig oor die rand gegaan het. Hy kon die wrakstukke van ’n motor en ’n vrou se liggaam in die water sien.

Die seun het glo aan Gerber gesê sy ma wou nie meer lewe nie en het met sy tweejarige sussie in die see ingejaag.

Die ma se liggaam is later in die oseaan opgespoor en die soeke na die tweejarige duur steeds voort.

Volgens ’n verklaring van ER24-paramedici het die seun uit die motor geval toe dit gerol het.

Dit is die vierde voertuig wat sedert 2019 oor die krans stort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: