February 26, 2021

Soektog na Klarissa lewer steeds niks op nie

ORANIA. – Soeke na Klarissa Joubert (19) wat Donderdag in ‘n fratsongeluk deur die Oranjerivier se stroom meegesleur is, het steeds niks opgelewer nie.

Drie helikopters het gister die gebied gefynkam en bote asook roeiers was tot laaste lig op die water. Vrywilligers het die brug en Sandbaai beman.

Vanoggend met eerste lig was die bote weer op die water. Die polisie het tans twee bote en ’n Orania-veiligheidsinstelling het ook een op die water. Twee spesialishonde word tans in die soektog ingespan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: