Arme ek! – Hoe om van ’n slagoffermentaliteit ontslae re raak

Almal staar een of ander tyd struikelblokke in die gesig en dit is normaal om soms moedeloos te voel. Daar is egter mense wat ’n slagoffermentaliteit koester en altyd dink die wêreld is teen hulle.

Dit is nie wys om heeldag vir ’n ridder op ’n wit perd te sit en wag nie. Lees hier hoe jy slagoffermentaliteit kan uitken en hoe jy dit kan verander.

Tekens van slagoffermentaliteit:

Jy verwag altyd die ergste

Jy maak ’n berg van ’n molshoop. Elke klein probleempie is vir jou die einde van die wêreld.

Jy voel konstant moedeloos en magteloos

Daar is niks verkeerd om soms swak te voel nie. As dit egter jou konstante toestand is, moet jy dalk wakker skrik.

Jy dink en praat altyd sleg van jouself

Die manier waarop jy jouself behandel, weerspieël die manier waarop ander jou behandel. As jy altyd in jouself twyfel en jou selfwaarde ondermyn, het jy beslis ’n slagoffermentaliteit.

Jy glo almal is teen jou

Voel jy asof die hele wêreld jou probeer onderkry? As jy dit dink, het jy sekerlik die slagoffer geword. Hierdie giftige ingesteldheid laat jou die slegte in almal sien en dink dat elke ding wat met jou gebeur, jou wil verpletter.

Raak ontslae daarvan:

Identifiseer die rede vir jou slagoffermentaliteit

Eers wanner jy die probleem identifiseer, kan jy iets daaromtrent begin doen.

Vat verantwoordelikheid

Hou op om ander vir jou probleme te blameer. Solank as wat jy aanhou om jouself as die slagoffer te sien, sal jy nooit kan loskom nie. Daarom moet jy verantwoordelikheid vir jou lewe begin aanvaar en besef dat jy mag het oor die dinge wat met jou gebeur.

Wees dankbaar

As jy ’n houding van dankbaarheid aanneem, sal jy in die klein oomblikke vreugde kan vind. Dit sal jou help om te sien dat nie alle slegte dinge wat met jou gebeur, daar is om jou seer te maak nie.

Dink positief

Slagoffermentaliteit kom uit die ophoping van negatiewe gedagtes en selftwyfel. Daarom, hoe meer positiewe gedagtes jy het, hoe minder sal jy soos ’n slagoffer voel. Moet nooit vergeet dat jy beheer oor jou gedagtes het nie, nie andersom nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: