Net 61% van Gautengse polisielede mag vuurwapens gebruik

Die VF Plus gaan glo nou ’n versoek indien om vas te stel hoekom soveel lede onbevoeg is.

Net 61% van Gautengse polisielede mag vuurwapens gebruik

Net 61% van Gautengse polisielede mag vuurwapens gebruik Foto:News24

GAUTENG. – Talle polisielede sit nou glo op kantoor omdat hulle nie bevoeg is om ’n vuurwapen te mag gebruik nie. Slegs 61% van polisielede in operasionele posisies in Gauteng is bevoeg om ’n vuurwapen te gebruik.

Dit het aan die lig gekom tydens ’n voorlegging wat die polisie aan die Gautengse wetgewer gemaak het.

Vuurwapenonbevoegdheid moet ondersoek word

Die VF Plus gaan glo nou ’n versoek indien om vas te stel hoekom soveel lede onbevoeg is.

LEES OOK: Manne in hegtenis wat glo dagga aan studente verkoop

Dr. Leon du Plessis, ’n afgetrede polisiebrigadier, het Woensdag aan Maroela Media gesê in sekere gevalle vermy polisielede opsetlik die opleidingsessies. Daarna word nie gereeld dissiplinêr teen hulle opgetree nie. Die gevolg is dat lede wat nie oor ’n bevoegdheidsertifikaat beskik nie, in die kantoor aangewend word.

Soms is daar ook ander redes soos ’n tekort aan ammunisie of skietbane wat nie beskikbaar is nie.

LEES OOK: Gevangenes mag weer besoek word

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *