CALEDON. – ‘n Gedenkdiens word vanaand gehou vir die twee onderwyseresse van Caledon wat Maandagmiddag doodgery is.
Saam gaan draf
Rieka Jacobs (30), Monichia Hendricks-Ess (29) en Monichia se man, Fagan Ess, het saam gaan draf toe ‘n Mercedes-Benz se band glo gebars het en die twee doodgery is. Fagan het glo net betyds in ‘n sloot weggeduik en het probeer om sy vrou en Rieka te waarsku.
Lees ook: Onnies wat draf, langs die pad doodgery
Die twee onderwyseresse het by Swartberg Primêre skool in Caledon skoolgehou.
Bestuurder ook dood
Die bestuurder en die passasier van die Mercedes-Benz is ook in die hospitaal opgeneem. Die bestuurder is daar oorlede.
Lees ook: Hoërskoolmeneer sterf in sy klaskamer



