SOMERSET-WES. – Francois Visser (58), ‘n geliefde onderwyser van ‘n skool in Somerset-Wes, is Maandag skielik in sy klaskamer oorlede.
Visser, wat vir jare by Hoërskool Parel Vallei skoolgehou het, is by sy lessenaar oorlede, vermoedelik aan ‘n hartaanval.
Bronagh Hammond, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van onderwys, het Visser se dood bevestig.
Lees ook: Vrou skud 100 kg af en is “nog nie klaar nie”
“Die skool is baie hartseer oor hulle verlies. Die departement stuur sy medelye uit aan die familie, vriende en skoolgemeenskap,” sê sy.
Die skool is Dinsdag gesluit en open weer Woensdag.
Leerlinge en oud-leerlinge het intussen boodskappe van bemoediging op dié skool se Facebook-blad gedeel.
“As dit nie vir hom was nie, het ek nooit ‘n loopbaan in ontwerp gehad nie,” lui een van die boodskappe. “Werklik een van die beste onderwysers wat daar was.”
Lees ook: Twee vriendinne besef na sewe jaar hulle is susters



