KENIA. – Die gemeenskap van Samburu, wat minstens een uit vyf vrouens en meisies tussen die ouderdom van 15 en 49 besny, het aan Kenia se regering beloof hulle gaan nie meer hierdie ritueel uitoefen nie.
Geslagsverminking (FGM), ook bekend as vrouebesnydenis, is die gebruik waardeur sommige of alle eksterne vroulike geslagsdele gesny of verwyder word.
Kenia beloof hulle gaan nie meer vrouens besny
“Ons laat vaar dus die vloek wat op die onbesnede meisies gerus het. As tradisionele poortwagters seën ons alle meisies wat nie geslagsverminking ondergaan het nie en ook nie in die toekoms vroulike geslagsverminking sal ondergaan nie,” beloof Samburu se gemeenskapsleiers.
Daar is sedert die 1970’s internasionale pogings aangewend om praktisyns van hierdie gebruik te oorreed om FGM te laat vaar en dit te verbied of beperk in die lande waarin dit voorkom.
Groot deurbraak
Hierdie besluit is ’n groot oorwinning nadat Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, belowe het om die tradisie teen 2022 te beëindig. Die tradisie wat die president heeltemal wil laat staak, behels die gedeeltelike of totale verwydering van die uiterlike vroulike geslagsdele.
LEES OOK: Vrou val glo na haar dood vanaf 10de verdieping
LEES OOK: Polisie op soek na verkragter en kinderpornografieverdagte
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



