GAUTENG. – Die munisipaliteit in Tshwane is glo Vrydag forseer om staatsambulansdienste te stop.
Die regering word nou vir die probleem blameer. Gauteng sê dienslewering sal nie geaffekteer word nie, aangesien hulle die dienste aanbied.
79 Ambulanse staan stil
Altesaam 79 ambulanse, wat toegerus is om dienste te bied sowel as nooddienspersoneel, staan nou op die kantlyn. Verlede jaar het die Tshwane-munisipaliteit glo die dienste se lisensie geweier, maar ’n ooreenkoms is glo in Junie 2020 bereik dat die dienste tydens die pandemie sal voortgaan.
LEES OOK: Gevangenes mag weer besoek word
In Januarie 2021 is daar glo tydens ’n raadsvergadering besluit dat die dienste vir nog ’n jaar op ’n tydelike lisensie verleng sal word. Geen van hierdie reëling is egter op skrif gesit nie.
Regering sê dit is onwaar
Die Gautengse regering sê dit is onwaar en dat die Tshwane-munisipaliteit vir ’n bedryfslisensie moet aansoek doen.
Kwara Kekama, woordvoerder van die departement van gesondheid, het aan eNCA gesê die departement het nog nie Tshwane se aansoek ontvang nie. “Die departement van gesondheid bied steeds nooddienste aan en daar word op elke oproep reageer.”
LEES OOK: KYK: Reling stort ineen – Sewe studente dood
Tshwane het bevestig dat hulle in die proses is om vir ’n nuwe lisensie aansoek te doen en sal ook aansoek doen om ’n tydelike lisensie sodra die oorspronklike aansoek ingedien is.
Tot dan staan die ambulansdienste stil.



