Gevangenes mag weer besoek word

Deel hierdie storie / Share this story

Jy kan nou tydens vlak een van die inperking vir ’n geliefde in die tronk besoek, maar streng reëls is in plek gestel.

Gevangenes mag net twee besoekers per maand en net een op ’n slag ontvang. Die besoeke moet 48 uur vooraf met die betrokke sentrum gereël word en besoek wat nie vooraf gereël is nie, sal nie toegelaat word nie.

LEES OOK: KYK: Reling stort ineen – Sewe studente dood

Geen kontak

Geen fisiese kontak sal tussen die gevangene en ’n besoeker toegelaat word nie en besoekers moet reeds ’n halfuur voor die besoek aanmeld.

Besoeke sal ook net op besoekdae tussen 09:00 en 15:00 plaasvind.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Dinsdag in ’n verklaring besoekers aangemoedig om die Covid-19-veiligheidsmatreëls te volg. “Geen besoekers sal sonder maskers toegelaat word nie.”

LEES OOK: Voëlklip nou veilig gemaak