VICTORIA-WES. – Die polisie is op soek na Jan Lewis Strydom (42) wat moontlik met kinderpornografie en die verkragting van ’n 11-jarige meisie op Victoria-Wes verbind kan word.
Polisie op soek na verdagte
“Strydom sou in die distrikshof op Victoria-Wes verskyn, maar het nie opgedaag nie. Die hof het ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik,” sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.
Inligting gesoek
Enigiemand met inligting oor waar die verdagte hom bevind, moet kapt. Coetzee van die GKS-eenheid op De Aar by 0824955224 skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Die ondersoek duur voort.
LEES OOK: EFF-lede sluit skoolhek, VF-plus beskuldig onderwysdepartement
LEES OOK: Twee leeus van park doodgemaak nadat werknemer doodgebyt is
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



