AMERIKA. – Joe Biden se twee honde, Major (3) en Champ (13), gaan nie meer so bevoorreg wees om in die Withuis te bly nie. Biden moes sy twee Duitse herdershonde na sy familiehuis in Wilmington stuur, nadat die jongste een aggressiewe gedrag getoon het en aanhoudend vir die Withuis-personeel en sekuriteit geblaf het.
CNN-nuus verwys na ’n voorval waar een van die sekurieitspersone gebyt is.
Joe Biden se honde gaan terug huis toe
Jen Psaki, perssekretaris van die Withuis, het aan CNN-nuus gesê die twee honde raak steeds gewoond aan hulle nuwe omgewing en mense. Psaki sê verder die jongste hond was deur ’n onbekende persoon genader en hy het gereageer op ’n manier wat ’n “ligte besering” tot gevolg gehad het.
Major het verlede jaar geskiedenis gemaak deur die eerste aangenome hond uit ’n diereskuiling te wees wat die Withuis as adres kon opgee. In 2018 het Biden se dogter, Ashley, op Facebook ‘n werpsel hondjies in die diereskuiling van Delaware Humane Association gesien wat huise benodig. Biden het die sentrum gekontak en Major toe huis toe gebring. Hy was eers in pleegsorg, maar is later aangeneem. Champ het al in 2008 deel van die familie geword.
LEES OOK: Polisie op soek na verkragter en kinderpornografieverdagte
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



