Burger King twiet: ‘Vrouens hoort in die kombuis’

Daarna het die franchise ook gesê hulle het besluit om die oorspronklike twiet te verwyder.

Burger King twiet: ‘Vrouens hoort in die kombuis’

Burger King twiet: ‘Vrouens hoort in die kombuis’ Foto: EWN.co.za

BRITTANJE. – Vrouens op Twitter was woedend toe Burger King in Brittanje ‘n twiet gemaak het wat sê: “Vrouens hoort in die kombuis.”

Burger King het later verduidelik en gesê die publiek het hulle twiet verkeerdelik opgeneem.

“Ons hoor wat julle sê. Ons aanvanklike twiet is verkeerd en ons is jammer. Die doel was om aandag te vestig op die feit dat slegs 20% van die professionele sjefs in Britse kombuise vroue is en om dit te help verander deur beurse vir kulinêre studies toe te ken. Volgende keer sal ons beter vaar,” het Burger King op sy Twitter-profiel verduidelik.

Daarna het Burger King ook gesê hulle het besluit om die oorspronklike twiet te verwyder. Hulle sê daar is onder hulle aandag gebring dat daar beledigende opmerkings in die kommentaar was en hulle wil nie ‘n plek vir sulke kommentaar skep nie.

Die oorspronklike twiet van Burger King was op Internasionale Vrouedag geplaas.

LEES OOK: Joe Biden se honde mag nie meer in Withuis bly oor aggressiewe gedrag

LEES OOK: Polisie op soek na verkragter en kinderpornografieverdagte

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *