OOS-KAAP. – Twee mans het glo ’n mobiele spazawinkel gebruik om mense ‘n rat voor die oë te draai sodat hulle dagga aan studente voor die Oos-Londen kollege in Southernwood kon verkoop.
In hegtenis vir die verkoop van dagga
Die twee is op 8 Maart 2021 deur die Valke in hegtenis geneem. Hulle verskyn vandag in die landdroshof in Oos-Londen.
LEES OOK: Staatsambulansdienste in Tshwane gestop
Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het voorgegee dat hulle kos en koeldrank aan die studente verkoop voor Oos-Londen-kollege, terwyl hulle eintlik die dwelm verkoop het.
Die span het die niksvermoedende handelaars deursoek en op 82 pakkies dagga beslag gelê.
LEES OOK: Gevangenes mag weer besoek word



