Marc Buckner laat aanhangers wonder oor blonde meisie in foto

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Marc Buckner, die voormalige The Bachelor-ster, het aanhangers laat wonder nadat hy dié foto van hom en ‘n blonde meisie op sy Instagram-profiel gesit het.

Die meisie se gesig kan nie duidelik gesien word nie. Meeste aanhangers beweer hy en die The Bachelor-wenner, Marisia van Wyk, is weer saam nadat hulle verlede jaar uit mekaar is.

LEES OOK: Burger King twiet: ‘Vrouens hoort in die kombuis’

Marc Buckner lok kommentaar uit

“Hoekom sê julle nie net julle is saam nie in plaas daarvan om speletjies te speel en foto’s op te sit nie?” lui een van die kommentare.

Ander wens die “paartjie” geluk. “Julle maak die perfekte paartjie,” sê meeste van die ander kommentare.

LEES OOK: Meteorietstukke word vir eerste keer in 30 jaar deur inwoners opgetel

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus