Bruid los bruidegom na hy haar ‘stupid’ noem

Deel hierdie storie / Share this story

Bruid los bruidegom na hy haar ‘stupid’ noem. Gebruikers van sosiale media is in twee kampe oor of ’n bruid reg of verkeerd was nadat sy haar huwelik slegs drie minute na die seremonie nietig laat verklaar het. Hoekom? Omdat haar nuwe man haar “stupid” voor al hulle vriende en familie genoem het toe sy by die hof se trappe gestruikel en geval het. Die ergste van alles – die bruidegom het nie eers sy bruid opgehelp nie.

Trou beloof

Die bruid en bruidegom het tot die vreugde van hulle vriende en familie hulle huweliksbeloftes voor die hof afgelê. Nadat die twee as een verenig is, het almal die hofgebou verlaat.

LEES OOK: Net 61% van Gautengse polisielede mag vuurwapens gebruik

Noem haar ‘stupid’

Op pad uit die hof uit, het die vrou op die trappe gestruikel en neergeval. In plaas daarvan om sy bruid op te tel, het die vrou se man haar voor almal “stupid” genoem.

Bruid los bruidegom

Die bruid het haar net daar vererg, opgestaan, omgedraai en na dieselfde magistraat gegaan wat hulle huwelik bevestig het en hom gevra om die huwelik nietig te verklaar.

Die man het glo nie die besluit sien kom nie.

LEES OOK: Manne in hegtenis wat glo dagga aan studente verkoop