PARYS. – Die Franse skoolmeisie wat verlede jaar gesê het haar onderwyser, Samuel Paty, het “kaalfoto’s” van die profeet Mohammed in sy klas gewys, het nou openlik erken sy het oor die voorval gejok. Die voorval het gelei daartoe dat Paty in die strate van Parys onthoof is.
Dit het nou aan die lig gekom dat sy gelieg het om haar pa te behaag en nie eers in die klaskamer was tydens die voorval nie.
Wys glo foto’s in klas
Samuel Paty, ’n onderwyser vir geskiedenis en geografie aan die skool in Conflans-Sainte-Honorine, Parys, is onthoof nadat hy glo foto’s van die profeet Mohammed aan sy klas gewys het. Die haglike voorval het in Oktober verlede jaar plaasgevind.
LEES OOK: Net 61% van Gautengse polisielede mag vuurwapens gebruik
Klagte ingedien
Volgens iheartintelligence is Paty vermoor nadat ’n 13-jarige student vir haar pa gesê het haar onderwyser het haar Moslem-klasmaats gevra het om die kamer te verlaat. Hy het glo daarna aan die res van die studente “foto’s van die profeet Mohammed naak” gewys.
Die pa het toe ’n wettige klag ingedien wat ’n vlaag van onrus teen die onderwyser ontketen het. Hy het ook sosiale media gebruik om ’n video te plaas waarin hy al die aantygings teen Paty uiteensit. Dit het wêreldwye verontwaardiging van Moslem-gemeenskappe tot gevolg gehad het.
LEES OOK: Manne in hegtenis wat glo dagga aan studente verkoop
Doodsdreigemente lei tot onthowing
Nie lank daarna nie het die onderwyser doodsdreigemente ontvang, wat uiteindelik tot sy moord gelei het.
Samuel Paty is onthoof deur Abdullakh Anzorov (18), slegs tien dae nadat sy student hom daarvan beskuldig het dat hy die Moslem-kultuur minag. Die terroris het die onderwyser opgespoor en in die straat onthoof. Kort ná die sluipmoord is Anzorov deur die anti-terrorismepolisie doodgeskiet.
Aangekla
Die leerder word nou van laster aangekla, terwyl haar pa in hegtenis geneem is vir :medepligtigheid aan ’n terreurmoord”.



