Tiener in aanhouding na hy ma glo 35 keer steek

Deel hierdie storie / Share this story

LADYSMITH. – ’n Seun (19) is tans in aanhouding as die verdagte in ‘n moordsaak. Sy ma is dood nadat sy sowat 35 keer gesteek is.

Die seun het Maandag vlugtig in die Ladysmith-hof verskyn, waar die saak tot 15 Maart 2021 uitgestel is.

Lees ook: Man tydens protesaksie doodgeskiet

Daar is ná die aanval met die 67-jarige slagoffer na die Ladysmith- provinsiale hospitaal gejaag, waar sy aan haar wonde beswyk het.

Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.

Lees ook: Seun (8) uit krokodil se maag gesny