Mercedes-Benz-bestuurder trek glo geld met verskillende Sassa-kaarte

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Mercedes-Benz-bestuurder, Sithembiso Gcaba, is deur die polisie vasgetrek nadat hy glo geld met verskeie gesteelde Sassa-kaarte getrek het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op die verdagte toegeslaan toe hy na bewering kontant met verskillende Sassa-kaarte by ‘n kitsbank in Anton Lembedestraat onttrek het. Volgens Gwala het Gcaba ‘n eksklusiewe Mercedes-Benz bestuur wat hy glo onlangs gekoop het.

Gcaba sal in aanhouding bly tot hy weer op 11 Maart in Durban se streekhof verskyn. Hy word aangekla van bedrog en die besit van gesteelde goedere.

LEES OOK: Meteorietstukke word vir eerste keer in 30 jaar deur inwoners opgetel

LEES OOK: Burger King twiet: ‘Vrouens hoort in die kombuis’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus