Meghan en Catherine: Meghan klap glo deur in Catherine se gesig toe

Deel hierdie storie / Share this story

Meghan en Catherine is noodgedwonge skoonsusters en die wêreld wonder nou wat het regtig met die huilery gebeur. Daar is nou gerugte dat Meghan Markle die deur in Catherine, die hertogin van Cambridge, se gesig toegeklap het. Dit was toe Catherine na ’n insident vir haar om verskoning gaan vra het.

Meghan en Catherine se gehuilery

Meghan het in die onderhoud gesê Catherine was die een wat haar ’n paar dae voor haar en prins Harry se troue laat huil het, maar nou sê koninklike bronne glo dat dit andersom was.

Sy het ook in die onderhoud genoem dat Catherine die dag na die insident vir haar ’n bos blomme gebring het en dat sy haar reeds vergewe het. Nou blyk dit egter asof Meghan ‘die deur in haar gesig toegeklap het’.

Lees ook: ‘Dis hartseer om te hoor,’ sê Meghan se broer oor Oprah-onderhoud

Buckingham-paleis se verklaring

Die gerugte volg na Buckingham-paleis se kort verklaring ná prins Harry en Meghan se onderhoud met Oprah Winfrey. Die paleis het in ’n kort verklaring van drie paragrawe bloot gesê dat hulle “jammer” is oor Meghan en Harry se “uitdagende laaste jare” by die koningshuis, dat daar meningsverskille is as dit kom by die aanmerking wat Meghan oor rassisme gemaak het en dat Meghan, Harry en Archie altyd geliefde familielede sal bly.

Lees ook: Koningshuis ‘hartseer’ oor Sussexe se ‘uitdagende tyd’