Koningshuis ‘hartseer’ oor Sussexe se ‘uitdagende tyd’

Deel hierdie storie / Share this story

Die Britse monargie het ‘n verklaring uitgereik ná die opspraakwekkende onderhoud wat Oprah Winfrey met prins Harry en Meghan Markle gevoer het.

Dié verklaring, wat namens koningin Elizabeth uitgereik is, bespreek die twispunte wat in die onderhoud aangeraak is.

Lees ook: ‘Dis hartseer om te hoor,’ sê Meghan se broer oor Oprah-onderhoud

“Die hele familie is hartseer om te hoor presies hoe uitdagend die laaste paar jaar vir Harry en Meghan was.”

“Die punte wat uitgelig is, veral dié oor rassisme, wek kommer. Alhoewel die weergawes verskil, sal dit vir seker ernstig opgeneem word en privaat deur die familie uitgeklaar word.”

“Harry, Meghan en Archie sal altyd baie geliefde familielede bly.”

Lees ook: Harry: ‘Ek het nooit besef ek was ‘n gevangene nie’

Die koningshuis se verklaring na prins Harry en Meghan Markle se onderhoud met Oprah Winfrey.
Die koningshuis se verklaring na prins Harry en Meghan Markle se onderhoud met Oprah Winfrey.